Wie is ons?
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
LibreOffice is gemeenskapsgedrewe en -ontwikkelde sagteware, en is ’n projek van die nie-winsgewende organisasie, The Document Foundation. LibreOffice is gratis en oopbron sagteware, oorspronklik gebaseer op OpenOffice.org (algemeen bekend as OpenOffice), en is die mees aktief ontwikkelde OpenOffice.org opvolgerprojek.
LibreOffice is ontwikkel deur gebruikers wat, net soos jy, glo in die beginsels van Vrye Sagteware en in die deel van hul werk met die wêreld op nie-beperkende maniere. Die kern van hierdie beginsels is die vier essensiële vryhede en die beginsels van The Document Foundation se Next Decade Manifesto [PDF].
Ons glo dat gebruikers die vryheid moet hê om die sagteware wat ons versprei, te gebruik, te kopieër, te versprei, te bestudeer, te verander en te verbeter. Alhoewel ons wel gratis aflaaie van die LibreOffice-programpakket aanbied, is Vry-Sagteware eerstens ’n kwessie van vryheid, nie prys nie. Ons beywer ons vir hierdie vryhede omdat ons glo dat almal dit verdien.
Ons streef daarna om die digitale kloof uit te skakel en almal as volwaardige burgers te bemagtig, die behoud van moedertale te ondersteun en eie sagteware en formaat-insluiting te vermy. Ons werk om ons doelwitte te bereik deur
- bied onbelemmerde toegang tot ons kantoorproduktiwiteits nutsprogramme sonder koste
- die aanmoediging van die vertaling, dokumentasie en instandhouding van ons sagteware in ’n persoon se eie taal
- die bevordering van en aktiewe deelname aan die skepping en ontwikkeling van oop standaarde en Vry-Sagteware via oop en deursigtige eweknie-beoordelingsprosesse
Alhoewel die lede van ons gemeenskap uit baie verskillende agtergronde kom, waardeer ons almal persoonlike keuse en deursigtigheid, wat prakties vertaal in wyer versoenbaarheid, meer nut en geen eindgebruiker-gebondenheid aan ’n enkele produk nie. Ons glo dat Vrye Sagteware beter gehalte, hoër betroubaarheid, verhoogde sekuriteit en groter buigsaamheid kan bied as kommersiële alternatiewe.
Die gemeenskap agter LibreOffice is die hart van die projek, waarsonder ons nie die hulpbronne sou hê om ons sagteware te ontwikkel nie. Die passie en dryfkrag wat elke individu na die gemeenskap bring, lei tot samewerkende ontwikkeling wat dikwels ons eie verwagtinge oortref. Met dosyne verskillende maar noodsaaklike rolle in die projek, nooi ons almal uit om by ons werk aan te sluit en ons te help om LibreOffice bekend en toeganklik vir almal te maak.
Die statute van The Document Foundation, ontwikkel deur ons eie gemeenskapslede, lei die manier waarop ons werk en moedig nuwe lede aan om by te dra op ’n manier wat beide die hele gemeenskap sowel as hulself bevoordeel. Deur die gebruik van copyleft lisensies soos die GNU Lesser General Public License, Mozilla Public License, en Creative Commons Attribution-ShareAlike License, verbind ons, daartoe om u regte as ontwikkelaars en inhoudskeppers te beskerm.
Wil u sien wie reeds tot die LibreOffice-projek bygedra het? Besoek gerus ons Krediete bladsy. Ons hoop om jou naam binnekort daar te sien!
Om meer te wete te kom oor hoe die gemeenskap jou regte beskerm en hoe die niewinsgewende organisasie “The Document Foundation” projekte soos LibreOffice bestuur, sien asseblief ons Privaatheidsbeleid en Regsinligting.
Leer meer oor ons gemeenskap
Kyk na ons gemeenskapskaart om LibreOffice-gemeenskapslede naby jou te vind!