Gemeenskapsbystand
Vrae, antwoorde, dokumentasie, besprekings en meer.
LibreOffice Community sluit geen tegniese ondersteuning in van The Document Foundation, die niewinsgewende organisasie agter die sagteware. Besighede, organisasies en eindgebruikers wat toegewyde ondersteuningskontrakte benodig, moet ons Professionele Ondersteuningsbladsy besoek. Hier is egter ’n paar hulpbronne om hulp van ander LibreOffice-gebruikers te kry…
Ask.LibreOffice
Besoek Ask.LibreOffice as jy ’n vraag oor LibreOffice het. Kry hier ’n antwoord in verskeie tale! Jy kan ook by die IRC-gebruikershulpkanaal aansluit vir ’n regstreekse klets.
Dokumentasie
Lees dokumentasie en gidse aanlyn, laai dit af of bestel ’n gedrukte kopie.
LibreOffice aanlyn hulp
Blaai deur die LibreOffice-hulp aanlyn: kies tussen Writer-hulp, Calc-hulp, Impress-hulp, of ander LibreOffice-verwante temas. Hierdie bladsye kan ook vanaf die toepassing verkry word deur F1 te druk of die “Help”-knoppies te gebruik.
Die Wiki
Baie inligting kan verkry word op die wiki, insluitend ’n versameling van Gereelde Vrae en gedetailleerde dokumentasie van Calc-funksies.
Poslyste
Ons het baie globale en streeks poslyste, vir aankondigings, bespreking, ontwerp en ander onderwerpe.
Rapporteer ’n fout of dien in ’n verbeteringsversoek
Het jy ’n spesifieke probleem, soos ’n sagteware-ineenstorting of trae gedrag in die nuutste weergawe? Help ons deur dit aan te meld. Het jy aan ’n nuwe funksie gedink wat LibreOffice selfs beter sal maak as wat dit vandag is? Rapporteer foute en verbeteringsversoeke aan ons ontwikkelaars.
Probleme rakende webwerwe en webdienste kan aangemeld word op Redmine.
LibreOffice is ’n gemeenskap – sluit by ons aan!
Het jy al ooit gewonder wat met ’n fout gebeur nadat dit geliasseer is? Wil jy nuwe vaardighede aanleer, soos hoe om die presiese commit op te spoor wat jou gunsteling-funksie gebreek het? Die QA-span is altyd op soek na vrywilligers om by ons geledere aan te sluit. Vind ons in die IRC QA-kanaal. Kyk ook na die QA-poslys en die Wiki. Geen ondervinding is nodig nie!
Wil jy die dokumentasie verbeter? Sluit aan by die Dokumentasiespan!
As jy ’n kodeerder is en betrokke wil raak by ontwikkeling, sluit aan by die #libreoffice-dev-kanaal.