LibreOffice Tydlyn
Ontdek die geskiedenis van LibreOffice en sy voorgangers! Hier is ’n vinnige opsomming – en lees dan verder vir die besonderhede…
1985
Star-Writer I, geskryf deur Marco Börries, word vrygestel - aanvanklik vir CP/M op die Amstrad CPC, en later oorgedra na DOS
SterAfdeling is gestig in Lüneburg, Noord Duitsland
1991
StarWriter 5.5 is vrygestel, insluitende StarWriter Compact 2.0 (onder getoon)
1992
StarOffice 1.0 is vrygestel, saamgestel uit StarWriter, StarBase en StarDraw
1994
StarWriter 2.0 is vrygestel vir Windows, OS/2, Mac OS en Solaris (SPARC)
1995
StarOffice 3.0 is vrygestel, lopend op Windows, OS/2, Solaris en Mac OS
1996
StarOffice 3.1 is vrygestel, die eerste uitgawe vir Linux i386
1999
Sun Microsystems koop StarDivision vir $73.5 miljoen
2000
StarOffice 5.2 is vrygestel as ’n gratis aflading vir persoonlike gebruik
Sun Microsystems open bronne StarOffice om OpenOffice.org te skep
2001
OpenOffice.org XML, die verstek lêerformaat wat deur die suite gebruik word, word bygedra tot die OASIS-konsortium - dit word later ontwikkel tot die Open Document Format (ODF)
2002
OpenOffice.org 1.0 is vrygestel
2003
OpenOffice.org 1.1 is vrygestel, met een-klik uitskryf na PDF, en die vermoë om aanbiedings na Flash (SWF) uit te skryf. Dit het ook derdeparty-byvoegings toegelaat.
2005
OpenOffice.org 2.0 is vrygestel, met die Open Document Format (ODF) as verstek. Verbeterings sluit in beter werkverrigting, laer geheuegebruik en groter skripvermoëns.
2008
OpenOffice.org 3.0 is vrygestel, met ’n inheemse koppelvlak op Mac OS X, OOXML-invoer en ondersteuning vir ODF 1.2. Ook ingesluit is ’n nuwe Beginsentrum.
2009
Oracle koop Sun Microsystems vir $7.4 biljoen
2010
The Document Foundation is aangekondig deur lede van die OpenOffice.org gemeenskap. Dit is ’n nie-profyt, ionafhanklike, self-bestuurde en demokratiese stigting ter bevordering van die ontwikkeling van oopbron kantoor sagteware (geïnkorporeer in Berlyn in 2012). Dir stigting se hoofprojek is LibreOffice, ’n vurk vanaf OpenOffice.org
2011
LibreOffice 3.3 is vrygestel, met unieke kenmerke, insluitend SVG-beeldinvoer, nuwe en verbeterde invoerfilters (Microsoft Word, Lotus Word Pro, WordPerfect, PPTX)
Oracle stop die ontwikkeling van OpenOffice.org en dra die handelsmerke oor tot die Apache Software Foundation.
In Denemarke besluit 13 hospitale in die Kopenhagen-streek om weg te beweeg van ’n eie kantoorpakket en oor te skakel na LibreOffice op byna 25 000 rekenaars.
LibreOffice 3.4 is vrygestel, met verbeterings in geheuegebruik, kode-opruimings, verbeterde GTK+ tema-integrasie en verminderde Java-afhanklikhede.
Die eerste LibreOffice-konferensie word gehou in **Parys, Frankryk
2012
MIMO, Frankryk se interministeriële werkgroep oor vrye sagteware, begin LibreOffice installeer op byna al 500 000 rekenaars van Frankryk se ministeries, insluitend Energie, Verdediging, Binnelandse Sake, Onderwys en Finansies.
LibreOffice 3.5 is vrygestel, met ’n ingeboude PostgreSQL-drywer, inlees van Microsoft Visio .vsd-lêers, AES-enkripsieondersteuning vir ODF-lêerenkripsie, en die vermoë om op Microsoft Windows te installeer via ’n .msi-lêer.
LibreOffice 3.6 is vrygestel, met ondersteuning vir kleurskale en databalke in Calc, ’n woordtelling in die statusbalk en 10 nuwe Impress-meesterbladsye.
Die tweede LibreOffice-konferensie word gehou in Berlyn, Duitsland
2013
LibreOffice 4.0 is vrygestel, met invoer/uitvoer-ondersteuning vir inheemse RTF-wiskundige uitdrukkings, invoerfilter vir Microsoft Publisher-lêers, verbeterde XLSX-laaitye en CMIS-ondersteuning.
Die administrasie van die Spaanse streek Valencia het die migrasie van al 120 000 rekenaars, insluitend in skole en howe, na LibreOffice voltooi.
LibreOffice 4.1 is vrygestel, met ’n nuwe sybalk, gradiëntagtergronde, inbedding van lettertipes in dokumente, uitvoer van grafieke na ODC-lêers, en teksuitleg via Core Text op macOS en HarfBuzz op Linux.
Die LibreOffice-konferensie vind plaas in Milaan, Italië
2014
LibreOffice 4.2 is vrygestel, met lêerlyste in die Beginsentrum, Calc-werkverrigting-verbeteringe (insluitend OpenCL vir berekeninge via grafiese kaarte), en invoerfilters vir Apple Keynote- en AbiWord-lêers.
Die “Document Foundation” kondig die Document Liberation projek aan, wat biblioteke ontwikkel om oopbrontoepassings te help om eie lêerformate te hanteer.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die Franse stad Toulouse kondig aan dat hulle €1 miljoen bespaar het deur duisende werkstasies na LibreOffice te migreer.
Die regering van die Verenigde Koninkryk aanvaar formeel die Open Document Format (ODF) as die standaard vir sy dokumente.
LibreOffice 4.3 is vrygestel, met ’n nuwe drawingML-gebaseerde DOCX invoer/uitvoer filter vir vorms en teksrame, verbeterde PDF invoer, ’n beter verstek ikoonstel, drukbare kommentaar in kantlyne, en ondersteuning vir paragrawe van meer as 65 536 karakters in Writer.
Die LibreOffice-konferensie word gehou in Bern, Switserland
2015
LibreOffice 4.4 is vrygestel, met direkte konnektiwiteit na OneDrive en SharePoint, invoer van Adobe PageMaker-lêers, digitale ondertekening van PDF’s en verbeterings aan die gebruikerskoppelvlak.
LibreOffice 5.0 is vrygestel, met stylvoorskoue in die sybalk, emoji-ondersteuning in 22 tale, die vermoë om beelde in Writer te sny, Microsoft Word-versoenbare teksuitligting en -skadu, en ’n gebruikerskoppelvlak vir die beheer van voorwaardelike formatering in Calc.
Die Italiaanse Ministerie van Verdediging kondig aan dat hulle LibreOffice op 120 000 rekenaars gaan installeer.
Die vyfde LibreOffice-konferensie vind plaas in Aarhus, Denemarke

Die administrasie van die stad Nantes, Frankryk, kondig aan dat hulle 5 000 rekenaars na LibreOffice oorgeskakel het, wat die stad se IT-koste met 1,6 miljoen euro verlaag het.
Yi-Lan County in Taiwan migreer 9 000 rekenaars na LibreOffice
2016
LibreOffice 5.1 is vrygestel, met ’n verbeterde en gereorganiseerde gebruikerskoppelvlak, meer dokumentinvoerfilters, ’n opsie om witspasie in Writer te versteek, en die vermoë om objekgroottes in Impress gelyk te maak.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Litaue se polisiedepartement skakel oor na LibreOffice op 8 000 rekenaars
Gesertifiseerde ontwikkelaars begin om LibreOffice Online met oopbron-lêerdelingsoplossings te kombineer om wolkgebaseerde weergawes van die suite aan te bied.
LibreOffice 5.2 is vrygestel, met nuwe tekengereedskap in Writer en Calc, enkel-nutsbalkmodusse, uitgebreide funksie-nutswenke in Calc, en die invoer van Microsoft Word vir DOS-lêers.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die LibreOffice-konferensie word gehou in Brno, Tsjeggiese Republiek
2017
LibreOffice 5.3 is vrygestel, met tabelstyle in Writer, nuwe opsies vir die saamvoeging van nie-leë selle in Calc, verbeterings aan kleur- en gradiëntbeheer, beter sjablone in Impress, en ’n eksperimentele Notebookbar-koppelvlakopsie. Dit is ook die eerste volledige bronkode-vrystelling van LibreOffice Online.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
LibreOffice 5.4 is vrygestel, met beter dokumentversoenbaarheid, spilpuntgrafieke in Calc, persoonlike watermerke in Writer, en deursigtige OpenPGP-ondersteuning vir die ondertekening van dokumente op Linux.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die eerste LibreOffice-sertifiseringsonderhoud in Asië is in Taipei gehou

Die LibreOffice-konferensie word in Rome, Italië gehou met meer as 200 deelnemers.
2018
LibreOffice 6.0 is vrygestel, met groot verbeterings in die rekenaar-, wolk- (LibreOffice aanlyn) en mobiele weergawes. Dokumentversoenbaarheid is verbeter, die gebruikerskoppelvlak is verfyn en die hulpstelsel is opgedateer.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
LibreOffice 6.1 is vrygestel, met nuwe ikoontemas, verbeterde EPUB-uitvoer, ’n opgeknapte beeldhanteringsenjin, sortering van beelde wat aan selle in Calc geanker is, en opdaterings aan LibreOffice Aanlyn
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die LibreOffice-konferensie 2018 vind plaas in Tirana, Albanië. Hier is ’n vinnige video-opsomming:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die Munisipaliteit van Tirana skakel oor na oopbronsagteware en oop standaarde deur oor te skakel na LibreOffice
2019
LibreOffice 6.2 is vrygestel, met ’n nuwe (maar opsionele) gebruikerskoppelvlakontwerp genaamd die NotebookBar, tesame met verbeterings in werkverrigting en versoenbaarheid.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
LibreOffice 6.3 is vrygestel - dit sluit verdere opdaterings aan die NotebookBar, beter versoenbaarheid en werkverrigtingsverbeterings in.
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die LibreOffice-konferensie 2019 het in Almeria, Spanje, plaasgevind - kyk na hierdie video-opsomming:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
2020
LibreOffice 6.4 is vrygestel, met baie kenmerke: die vermoë om hele sigblaaie as ’n enkele PDF-bladsy uit te voer; tekskassie-konsolidasie in “Draw”; verbeterde hantering van kommentaar; en beter Microsoft Office-versoenbaarheid
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
LibreOffice 7.0 is vrygestel, met baie verbeterings aan versoenbaarheid, werkverrigting en bruikbaarheid - plus baie nuwe funksies om te verken!
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die gesamentlike OpenSUSE + LibreOffice Konferensie 2020** vind vanjaar aanlyn plaas weens die pandemie. Kyk na al die praatjies en aanbiedings!
2021
LibreOffice 7.1 is vrygestel, met fisika-gebaseerde animasies in “Impress”, ’n “Styles Inspector” in “Writer”, “ScriptForge” makro-hulpbronne en meer:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die LibreOffice Konferensie 2021 vind ook aanlyn plaas - kyk na die skedule en die praatjies!
LibreOffice 7.2 is vrygestel, met baie nuwe funksies, versoenbaarheidsverbeterings en ekstra sjablone:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
2022

Die LibreOffice Konferensie 2022 vind plaas in Milaan, Italië.
LibreOffice 7.4 is vrygestel, met ondersteuning vir 16 384 kolomme in sigblaaie, ondersteuning vir WebP-beelde en EMZ/WMZ-lêers, en nuwe tipografiese instellings vir koppeltekens:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
2023
LibreOffice 7.5 is vrygestel, met donkermodusverbeterings en nog baie meer:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
Die LibreOffice Konferensie 2023 vind plaas in Boekarest, Roemenië.
LibreOffice 7.6 is vrygestel, met dokumenttemas, ’n navigasiepaneel in Impress-skyfievertonings en baie ander verbeterings:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
2024
LibreOffice 24.2 is vrygestel, met ’n nuwe “jaar.maand” weergawenommer skema, style vir kommentaar, ry- en kolomuitligting in Calc, ’n soekveld in die Opsies-dialoogkassie, en nog baie meer:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
LibreOffice 24.8 is vrygestel, met ’n “Vinnige vind”-paneel in die sybalk, baie nuwe sigbladfunksies, beter Impress-sjablone en nog baie meer:
Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).
2025
LibreOffice 25.2 is vrygestel, met inligting-nutswenke vir afdelings in die Navigator, ’n nuwe dialoog om duplikaatrekords in Calc te hanteer, en nog baie meer: