Wie gebruik LibreOffice?

Tientalle miljoene mense regoor die wêreld gebruik LibreOffice elke dag, in huise, besighede, liefdadigheidsorganisasies en regeringsdepartemente. Sommige noemenswaardige gebruikers sluit in:

MIMO, Frankryk se interministeriële werkgroep oor vrye sagteware, gebruik LibreOffice op byna 500 000 rekenaars. Die sagteware word in baie departemente gebruik, insluitend energie, verdediging, landbou en onderwys. Sien hier vir meer gebruikers in Frankryk.

Die administrasie van die Spaanse outonome streek Valencia het LibreOffice op 120 000 rekenaars geïnstalleer. Dit het die administrasie IT-verskafferonafhanklikheid gegee en uitgawes aan eie sagtewarelisensies verminder.

Italië se Ministerie van Verdediging is besig om oor te skakel na LibreOffice en die Open Document Format (ODF) op meer as 100 000 rekenaars. Die Ministerie ontwikkel aanlynkursusse om te help met die oorskakeling na LibreOffice.

Taiwan se Ministerie van Finansies het LibreOffice op meer as 24 000 rekenaars geïnstalleer, met die gestandaardiseerde Open Document Format wat die norm word vir die uitruil van data in die verskillende departemente.

In Brasilië het die UNESP - Universidade Estadual Paulista, meer as 10 000 rekenaars na LibreOffice omgeskakel. Dit is deel van ’n groter migrasie na vrye en oopbronsagteware (FOSS), insluitend die bedryfstelsel GNU/Linux.

Baie maatskappye, skole en ander organisasies in die Tsjeggiese Republiek gebruik LibreOffice - sien hier vir meer besonderhede.

Besighede wat LibreOffice gebruik, kan langtermyn-ondersteuningsweergawes en waardetoegevoegde dienste van ons ekosisteemvennote kry. As jy ’n tuis- of kleinkantoorgebruiker is, laai LibreOffice af vandag en sluit aan by die groeiende aantal gebruikers wat hul werk met oopbron en oop standaarde gedoen kry.