Raak betrokke

Welkom! LibreOffice word ontwikkel deur ’n vriendelike gemeenskap, bestaande uit honderde medewerkers van regoor die wêreld. Dit is gratis en oopbron-sagteware, sodat enigeen kan bestudeer hoe dit werk en verbeterings kan aanbring. Sluit vandag by ons aan en help ons om dit nog beter te maak!

Voordat jy begin om by te dra, word dit aanbeveel om ’n oriënteringsonderhoud met die TDF-mentor Ilmari Lauhakangas te reël.

Alreeds ’n Bydraer? Sluit aan by TDF!

Let daarop dat lede ’n toelaagversoek kan indien om hul projek te befonds.

Happiegrootte take

Het jy tien of twintig minute oor en wil jy ons help? Kyk na hierdie vinnige take:

Nog steeds onseker? Beantwoord ’n paar vrae om uit te vind wat jy vir LibreOffice kan doen.

Deur op die knoppie hieronder te klik, aanvaar jy om die inhoud van ’n derdeparty-werf (YouTube) te bekyk en dat jou persoonlike data oorgedra en verwerk word soos aangedui in die Google-privaatheidsbeleid] (https://policies.google.com/privacy).

Spanne

Ontwikkeling

Kodering – Nuwe kenmerke – Foutregstellings

  • Klik hier om die kode te kry, met ontwikkelaars te praat en aan Easy Hacks te begin werk.

Dokumentasie

Gidsboeke – Aanlyn hulp – Gereelde vrae

Infrastruktuur

Dienste – Nutsprogramme – Hardeware

LibreOffice se infrastruktuur – soos die webwerf – word elke jaar deur miljoene mense gebruik. Sluit aan by ons gemeenskap en kry ervaring met grootskaalse infrastruktuur!

Ontwerp

Gebruikerskoppelvlak – Gebruikerservaring - Handelsmerk

Vertalings en lokaliserings

100+ tale – En nog meer sal volg

  • Klik hier om meer te wete te kom oor ons hulpprogramme en moedertaal-gemeenskappe.

Kwaliteitskontrole

Foutherstelling – Triagering – Verdeling

  1. Teken in by Bugzilla, ons foutopsporings instrument
  2. Installeer die nuutste weergawe van LibreOffice
  3. Begin bevestiging of hertoetsing foutverslae
  4. Sluit aan by #libreoffice-qa op Libera Chat as jy hulp nodig het.

Bemarking

Verspreiding van inligting – Bywoning van geleenthede – Skepping van materiaal

  1. Sluit aan by ons poslys (stuur ’n leë boodskap en volg die instruksies)
  2. Stel jouself voor (waar jy gebaseer is en hoe jy graag wil help)
  3. ’n Lid van die span sal jou ’n paar idees gee vir dinge om aan te werk