Stelselvereistes
Microsoft Windows
Die sagteware- en hardewarevereistes vir die installering van LibreOffice op ’n Windows-stelsel is soos volg:
- Windows Server 2012 tot 2022, Windows 10 of 11 (LibreOffice word ten volle ondersteun op Windows 11)
- Pentium-versoenbaar PC
- 256 MB RAM (512 MB RAM aanbeveel)
- Tot 1.5 GB beskikbare hardeskyfspasie
- 1280x800 resolusie, met ten minste 256 kleure
Administrateursregte word benodig vir die installasieproses. Dit is ’n aanbevole beste praktyk om jou stelsel en data te rugsteun voordat jy sagteware verwyder of installeer.
Vir sekere kenmerke van die sagteware – maar nie die meeste nie – word Java vereis. Java word veral vir Base vereis.
Apple macOS
Die sagteware- en hardewarevereistes vir installering op ’n Apple macOS-rekenaar is soos volg:
- macOS 11 of nuuter
- Intel of Apple silicon verwerker
- 512 MB RAM
- Tot 800 MB beskikbare hardeskyfspasie
- 1280x800 grafiese toestel met 256 kleure
Dit is ’n aanbevole beste praktyk om jou stelsel en data te rugsteun voordat jy sagteware verwyder of installeer.
Notas:
- Vir sekere kenmerke van die sagteware - maar nie die meeste nie - word Java vereis. Java word veral vir Base vereis.
- As gevolg van ’n probleem, is daar die volgende beperkings met Java: op macOS 10.10 en nuwer, word JRE nie gevind nie, JDK is vereis
- _LibreOffice 4.3 kan steeds op OS X 10.6+ loop, maar verstaan asseblief dat hierdie ondersteuning geëindig het toe 4.3 [op 27 Mei 2015] (https://wiki.documentfoundation.org/Special:MyLanguage/ReleasePlan#4.3_release) uit diens gestel is.
GNU/Linux
As ’n algemene reël word dit aanbeveel dat u LibreOffice installeer via die installasiemetodes wat deur u spesifieke Linux-verspreiding aanbeveel word (soos die Ubuntu Software Center, in die geval van Ubuntu Linux). Dit is omdat dit gewoonlik die eenvoudigste manier is om ’n installasie te verkry wat optimaal in u stelsel geïntegreer is. Inderdaad, LibreOffice mag dalk reeds by verstek geïnstalleer wees wanneer u, u Linux-bedryfstelsel oorspronklik installeer.
Die gemeenskapsverskafde LibreOffice-installeerders word voorsien vir gebruikers met spesiale behoeftes, en vir buitengewone gevalle.
Die sagteware- en hardewarevereistes vir die installering op Linux is soos volg:
- Linux-kernweergawe 4.18 of hoër
- glibc2 weergawe 2.27 of hoër
- Vir weergawes vanaf TDF: x86-64-v2-vlak SVE
- 256 MB RAM (512 MB RAM aanbeveel)
- Tot 1.55 GB beskikbare hardeskyfspasie
- 1280x800 resolusie, met ten minste 256 kleure
- GNOME met die ATK-pakket (vereis vir ondersteuning vir ondersteunende tegnologie [AT]-gereedskap), of ’n ander versoenbare GUI (soos KDE, onder andere)
Vir sekere kenmerke van die sagteware – maar nie die meeste nie – word Java vereis. Java word veral vir Base vereis.
Dit is ’n aanbevole beste praktyk om jou stelsel en data te rugsteun voordat jy sagteware verwyder of installeer.
Android/Linux
Sien LibreOffice Viewer vir Android.
Ander Bedryfstelsels
Gemeenskapsverskafde weergawes van LibreOffice is beskikbaar vir ander bedryfstelsels soos die BSD’s. Vir meer inligting, sien asseblief omvattende Stelselvereistes op die TDF Wiki.