Toep Winkels
Jy kan LibreOffice gratis direk vanaf ons webwerf aflaai, vir Windows, macOS en Linux. As jy dit egter deur die Microsoft Store of Mac App Store wil kry, kan jy dit hier doen:
Hierdie weergawes is gratis sagteware (soos in oopbron), maar daar is ’n klein fooi om die moeite te dek om die sagteware in die toep-winkels (app stores) te plaas, en om te help om die sagteware te ontwikkel (en ons gemeenskappe te bou).
Ontwikkelings weergawes
Pre-releases
To download pre-releases, use the download customizer and select a version labeled with “alpha”, beta" or “RC”, if available.
Hierdie is voor-vrystelling weergawes en word nie aanbeveel vir produksie-gebruik nie. Is jy geïnteresseerd om te help? Lees asseblief die vrystellings notas en besoek ons toets bladsy.
RC-weergawes is in vrystellingskonfigurasie en sal jou bestaande LibreOffice-installasie vervang!
You may want to use parallel installation to prevent that, and still be able to test and work with RC versions.
Nagtelike Weergawes
Nagtelike weergawes is gevorderde ontwikkelingsweergawes van LibreOffice en bied gereelde ontwikkelings-skote wat vir toetsdoeleindes gebruik word. Hierdie weergawes kom met absoluut geen waarborge nie.
Kry hier toegang tot die bediener vir nagtelike weergawes.
Gerieflikheidslys van hoofweergawes.
Bron kode en SDK
Al ons bronkode word in git gehuisves. Loop
git clone https://git.libreoffice.org/core
om dit te kloon (blaai)(https://git.libreoffice.org/core)).
Meer instruksies in die ontwikkelingsafdeling van ons wiki. Kontroleer ons lisensies:
Laai die SDK af in argiefformaat
LibreOffice_26.2.3_Linux_x86-64_rpm_sdk.tar.gz
Laai die bronkode af in argiefformaat
libreoffice-dictionaries-26.2.3.2.tar.xz
libreoffice-help-26.2.3.2.tar.xz
libreoffice-translations-26.2.3.2.tar.xz
Ouer weergawes
Ouer weergawes van LibreOffice (nie meer opgedateer nie!) is beskikbaar in die argief.
LibreOffice Impress Remote
Die LibreOffice Impress Remote-toepassing laat jou toe om met jou aanbieding vanaf jou slimfoon of slimhorlosie te kommunikeer. Die toepassing is beskikbaar vir Android-, iOS- en Pebble-slimhorlosies.
Vir meer inligting oor hierdie toepassing, besoek die wiki-bladsy.
LibreOffice vir Android en iOS
Die “Document Foundation” bied ’n kyker-app vir LibreOffice-dokumente, met eksperimentele redigeringsondersteuning, vir Android-toestelle:
Om dokumente te wysig, is daar ’n LibreOffice-gebaseerde produk in toep-winkels van Collabora, een van ons gesertifiseerde ontwikkelaars en ekosisteemlede:
LibreOffice Draagbaar
LibreOffice Portable is ’n volwaardige draagbare weergawe van LibreOffice vir Windows – insluitend ’n woordverwerker, sigblad, aanbieding hulpprogram, tekenpakket en databasis – verpak as ’n draagbare toepassing, sodat jy al jou dokumente en alles wat jy nodig het om mee te werk, oral kan saamneem. Dit is verpak in PortableApps.com-formaat sodat dit met die PortableApps.com-platform en sy outomatiese opdatering- en toepassings-winkel kan werk, met ander draagbare keuselyste kan werk, of werk op sy eie vanaf ’n USB-, wolk- of plaaslike skyf. En dit is oopbron en heeltemal gratis.
Die aflaai Alle Tale (MultilingualAll) sluit alle tale in wat deur LibreOffice ondersteun word
LibreOffice is packaged for portable use by PortableApps.com with permission and assistance from The Document Foundation. To download the packages and get more information and support, please visit this page (for LibreOffice Portable Latest) and this page (for LibreOffice Portable Previous).
LibreOffice via Chocolatey
Laai LibreOffice af vanaf Chocolatey.
LibreOffice in Flatpak formaat
Flatpak is ’n manier om beelde van Linux-toepassings wat op ’n wye reeks verskillende distros loop, te versprei en daar op ’n veilige manier te loop.
Flatpak builds of LibreOffice Latest are provided on Flathub (direct link to download org.libreoffice.LibreOffice.flatpakref).
’n Paar dinge om op te let:
- Die LibreOffice Flatpak gebruik LibreOffice se GTK3-agtergrond, wat die mees volledige stel funksies in LibreOffice behoort te bied, insluitend ondersteuning vir Wayland.
- Lokaliseringsdata word na ’n org.libreoffice.LibreOffice.Locale-extension afgelaai. Die installering daarvan moet deursigtig deur die Flatpak-infrastruktuur hanteer word.
- Hulpinhoud is beskikbaar as ’n org.libreoffice.LibreOffice.Help-extention. Jy moet dit waarskynlik handmatig installeer. (En, ten minste vir nou, bevat dit hulpinhoud vir alle lokaliserings, dus is dit redelik groot.)
- Tans is daar geen Flatpak-weergawe van die LibreOffice Software Development Kit (SDK) nie.
- Foute wat slegs in die Flatpak-weergawe verskyn, moet aan Flathub gerapporteer word.
LibreOffice as Snap
Snaps is vinnig om te installeer, maklik om te skep, veilig om te gebruik, en hulle werk outomaties en transaksioneel. Sodat die toepassing altyd vars is en nooit stukkend is nie. Hulle is daarop gemik om op enige verspreiding of toestel te werk, van IoT-toestelle tot bedieners, rekenaars tot mobiele toestelle.
Installeer LibreOffice vanaf die winkel
Huidige weergawes van LibreOffice is beskikbaar in die Snap-winkel as 64-bis-weergawes.
Jy kan die LibreOffice snap installeer deur te besoek:
https://snapcraft.io/libreoffice
Of installeer vanaf die opdraglyn:
sudo snap install libreoffice
As jy die snap-opdrag vermis, moet jy dalk eers snapd installeer.
Begin die LibreOffice-weergawe wat as snap geïnstalleerd is
Na installering kan die weergawe van LibreOffice wat via snap geïnstalleer is, in die Toepassing-kieslys gevind word.
Alternatiewelik kan dit met die opdrag begin word:
/snap/bin/libreoffice
As die volledige pad weggelaat word, sal waarskynlik die weergawe van LibreOffice wat deur die verspreiding geïnstalleer is, begin, indien daar een is.
Meer besonderhede oor Snap is beskikbaar op die Snap-tuisblad.
Let daarop dat foute wat slegs in die Snap-weergawe verskyn, gerapporteer moet word aan Ubuntu se Launchpad.
LibreOffice as AppImage
AppImage is ’n draagbare toepassingsformaat vir Linux wat gebruikers toelaat om toepassings baie maklik op rollende (bv. Arch, openSUSE Tumbleweed) en stabiele (bv. Ubuntu LTS, Red Hat Enterprise Linux) Linux-verspreidings te laat loop, sonder die noodsaaklikheid van installasie of bekommernis oor afhanklikhede. AppImages bundel al die lêers wat nodig is vir ’n toepassing om te loop (bv. biblioteke, vertalings, ikone, lettertipes) wat dalk nie reeds op ’n gebruiker se stelsel teenwoordig is nie.
LibreOffice AppImage is ’n draagbare weergawe van LibreOffice vir Linux wat vanaf enige plek (bv. plaaslike skyf, USB, CD, netwerkdeling) op alle gewilde Linux-verspreidings, insluitend hul lewendige CD’s, uitgevoer kan word. LibreOffice AppImage is beskikbaar in drie weergawes - Basies, Standaard en Volledig - wat ’n verskillende stel tale ondersteun.
Die Basiese weergawe sluit ondersteuning vir die standaardtaal, Engels (VSA), in.
Die Standaard-weergawe sluit ondersteuning in vir Engels (VSA en GB), Arabies, Chinees (Vereenvoudig en Tradisioneel), Frans, Duits, Italiaans, Japannees, Koreaans, Portugees (Brasiliaans en Portugal), Russies en Spaans.
Die Volle weergawe sluit alle tale in wat deur LibreOffice ondersteun word.
Meer Aflaaie
Bykomende LibreOffice Appimages kan gevind word deur die LibreOffice AppImage-bewaarplek te besoek.
Begin die AppImage vanaf die GUI
- Maak jou lêerorganiseerder oop en blaai na die ligging van die AppImage
- Regs-muisklik op die AppImage en klik op die ‘Kenmerke’-inskrywing
- Skakel oor na die Toestemmings-oortjie en
- Klik die ‘Uitvoerbaar as Program’-blokkie as jy ’n Nautilus-gebaseerde lêerorganiseerder gebruik (Files, Nemo, Caja)
- Klik die blokkie ‘Laat die uitvoering van lêer as program toe’ as jy Dolphin gebruik.
- klik die blokkie ‘Laat hierdie lêer toe om as ’n program te loop’ in Thunar
- verander die aftreklys ‘Uitvoer’ na ‘Enigeen’ as jy PCManFM gebruik
- Sluit die dialoog
- Dubbelklik op die AppImage-lêer om uit te voer
Begin die AppImage vanaf die Terminaal
- Indien dit nie reeds oop is nie, maak jou terminaaltoepassing oop
- Blaai na die ligging van die AppImage
- Maak die AppImage uitvoerbaar
$ chmod a+x LibreOffice\*.AppImage
- Loop dit
$ ./LibreOffice\*.AppImage
Notas
- LibreOffice AppImages herverpak dieselfde binêre lêers wat in die .tar.gz-lêers gevind word wat op die hoof aflaaibladsy versprei word, deur ’n bou-skrip wat op LibreItalia se weergawebeheerstelsel aangebied word.
- LibreOffice AppImages sal loop op die distribusies wat ’n geïnstalleerde weergawe van LibreOffice sal loop, maar verwag dat die gebruiker se stelsel sommige biblioteke sal hê wat nie saam met die AppImage gebundel is nie, soos Java (gebruik in Base) en GStreamer (gebruik in Impress).
- LibreOffice AppImages is getoets en uitgevoer op hierdie ou weergawes van stabiele verspreidings en hul nuwer weergawes - Ubuntu 10.04 LTS, Debian 6, Fedora 12, openSUSE 11.3, Mageia 2, PCLinuxOS 2013.07.15, Puppy 6, Salix 13.37 (Slackware), CentOS 6.
- LibreOffice AppImages is getoets en op hierdie rollende verspreidings uitgevoer - Solus, openSUSE Tumbleweed, Arch Linux, Gentoo Linux, Tails
- LibreOffice AppImages gebruik die bestaande gebruikersprofiel van ’n geïnstalleerde weergawe van LibreOffice op jou stelsel of skep een indien geen bestaan nie. Vir LibreOffice AppImages wat hul eie gebruikersprofiel vouer gebruik (sodat hulle nie sal konflik met die gebruikersprofiel van ’n geïnstalleerde weergawe van LibreOffice op jou stelsel nie), gaan na die LibreOffice Portable AppImage-bewaarplek.
- LibreOffice AppImages is tans slegs beskikbaar as 64-bis uitvoerbare lêers, dus hulle sal slegs op 64-bis Linux-verspreidings loop.
- AppImages benodig FUSE om te loop. Indien jou stelsel nie ’n werkende FUSE-opstelling het nie, kan jy steeds die inhoud van die AppImages onttrek deur die --appimage-extract opsie te gebruik.
- AppImages is nie gesandboks nie, so as jy hulle so wil laat loop, asseblief lees hierdie gids om met firejail te sandboks.
LibreOffice Online


Wat is dit?
LibreOffice Aanlyn is ’n bedienerdiens wat gebou is uit die hoof LibreOffice-projekkode, wat die vertoon en samewerkende visuele redigering van ’n reeks dokumenttipes in ’n webblaaier bied. Dit sluit geen vorm van lêerstelsel in nie. Om ten volle funksioneel te wees, moet dit geïntegreer word met lêertoegang en verifikasievoorsiening vanaf ’n onderliggende sagtewarestapel.
Vir enigiets meer as informele gebruik moet dit ook ontplooi word met behoorlike oorweging van lasbalansering en ander skaalkwessies. As sodanig kan LibreOffice Online beskou word as ’n bemagtigende tegnologie vir die publieke wolk van internetdiensverskaffers of die privaat wolk van ondernemings en groot organisasies, wanneer dit byvoorbeeld geïntegreer word met ’n ondernemingslêerdeling- of ’n groepware-oplossing.
Waarom nie ’n gehoste diens verskaf nie?
Die Document Foundation beplan nie om ’n wolkoplossing soortgelyk aan bestaande produkte van Google en Microsoft te ontwikkel en te befonds nie, want dit sou die keuse en integrasie van die ander tegnologieë vereis wat nodig is vir ontplooiing - lêerdeling, verifikasie, lading balansering en so aan - wat vir tafelrekenaar platform, LibreOffice deel is van die bedryfstelsel wat deur die gebruiker verskaf word. Dit sou ’n beduidende groei in omvang wees en nie in lyn met die oorspronklike missie van die projek nie. Die taak word dus oorgelaat aan groot ontplooiers, internetdiensverskaffers en verskaffers van oopbron-wolkoplossings, en verskeie opsies is reeds op die mark beskikbaar. TDF sal die voorsiening van ’n openbare LibreOffice Online-aanbod deur ’n ander liefdadigheidsorganisasie verwelkom.
Waarom word dit nie ondersteun nie?
TDF bied nie eindgebruikerondersteuning vir enige van die projekte wat dit aanbied nie. Samewerkende selfhelp vir eindgebruikers is beskikbaar by ask.libreoffice.org.
Aangesien LibreOffice Online integrasie met baie ander tegnologieë vereis om ontplooiing moontlik te maak, sal The Document Foundation nie binêre lêers vir ondernemingsgebruik onderhou nie. Selfs al sou dit redelik wees om al die elemente van ’n ontplooiingsstapel vooraf te kies, sou die verskaffing van ondernemingsproduksiebinêre lêers verwagtinge skep wat nie deur vrywilligergebaseerde ondersteuning nagekom kan word nie.
Daar is egter wel weergawes van die nuutste kode beskikbaar wat geskik is vir tuisgebruikers en om tot ontwikkeling by te dra – wat aangemoedig word. TDF is gretig om situasies te vermy waar ’n ongeskikte weergawe op skaal ontplooi word, so wanneer dit gebruik word in wat waarskynlik ’n ondernemingsituasie sou impliseer – meer as 10 gelyktydige dokumente en/of meer as 20 verbindings – sal LibreOffice Online ’n prominente “nie ondersteun nie”-waarskuwing en ’n skakel na hierdie bladsy vertoon, terwyl dit steeds funksioneer.

Ons moedig ander aan wat nie-ondersteunde binêre lêers wat van LibreOffice afgelei is, verskaf om hierdie patroon te volg.
Hoe kan ek ondersteuning kry en help met die befondsing van ontwikkeling?
Die Document Foundation stel voor dat alle grootskaalse ontplooiers van LibreOffice gesertifiseerde ontwikkelaars gebruik, hetsy direk of via ’n kommersiële verskaffer wat hulle in diens neem. Dit is veral belangrik vir LibreOffice Online waar jou besigheid ’n belangrike rol speel om vir die verdere ontwikkeling van die sagteware te betaal.
Moet asseblief nie ’n publieke of ondernemingsproduksie-ontplooiing van LibreOffice Online probeer sonder professionele ondersteuning nie. Soos hierbo verduidelik, is dit nie bedoel vir direkte produksie-ontplooiing nie.
Kan ek dit gratis gebruik?
Absoluut, LibreOffice Online is oopbron-vrye sagteware, laai dit net af en gebruik dit, inspekteer dit, bestudeer dit, deel dit, wysig dit en dra by terug tot die projek. Wees net bewus daarvan dat die weergawe wat jy afgelaai het, ontwerp is vir persoonlike en/of ontwikkelingsgebruik, so daar sal ’n nie-ondersteunde kennisgewing vertoon word wanneer jy meer as 10 gelyktydige dokumente en 20 verbindings het.
Hoe kan ek ’n weergawe saamstel sonder hierdie aanmaning?
LibreOffice is Open Source Free software and you are entitled to make whatever changes you wish to the source code. Each version of LibreOffice Online has a Help/About page with the Git hash of the source code it is built from and a link to clone that source. Please bear in mind that if you remove such support statements from the code you may need to change the name of the project, especially if you intend to make it available outside your organisation - check out our trademark guidelines. This also serves to make it clear that you are committing to support the version you have created.
Kry dit
Alhoewel TDF slegs bronvrystellings verskaf, is daar binêre lêers beskikbaar vanaf baie ander bronne, insluitend:
TDF verskaf bronkode-vrystellings van LibreOffice Online.